Remove Rita from your favorite artists list
Add Rita to your favorite artists list
About Rita
Rita is an Artist with SouthAfricanArtists.com based in South Africa.
Rita Jooste is 'n 71-jarige skilder en het, na aftrede uit die onderwys, professioneel begin skilder.
Ek het geen formele opleiding in kuns nie, maar teken en skilder vanaf my prille jeug. As 12-jarige het ek my eerste stel olieverf gekry en onwetend die regte ding gedoen deur kopiee te verf van bekende Suid-Afrikaanse skilders, van wie daar destyds afdrukke op Sanlam-almanakke gemaak is. So het ek geleer om kleure te meng en is my waarneming ingeskerp.
Nadat ek my Hoer Onderwys Diploma in 1958 verwerf het, het ek as onderwyser begin werk en elke vakansie agter my esel ingeskuif. Wanneer die geleentheid hom voordoen het ek werkswinkels van verskeie bekende kunstenaars bygewoon, o.a. Sonette Olls en Louis Hiemstra.
Ek werk hoofsaaklik van fotos af en is 'n ywerige fotograaf. Wanneer die geleentheid hom voordoen om van lewende modelle of in die natuur te werk, gryp ek dit aan. Ek woon tans in Middelburg in die Karoo en is baie lief vir Karoo-tonele en die mense van die Karoo, asook diere en kinders.
Ek verhuis egter in Junie 2010 na Pretoria, terug na my wortels! Ek het die afgelope 5 jaar 'n kunsskool bedryf vir laer- en hoerskoolleerders. Ek sien uit na nuwe uitdagings in Pretoria.
Ek werk graag met olieverf en waterverf onderskeidelik as medium en met die lewe as my palet! My skilderye hang aan die mure van verskeie mense in Suid-Afrika.
Price Range
US$65-366
Email
Education
Diploma in Onderwys
Recommend this Artist!
Bookmark this page on:
Delicious
Digg
reddit
Facebook
StumbleUpon