|
Remove Michiel from your favorite artists list
Add Michiel to your favorite artists list
About Michiel
Michiel is n opgeleide predikant in die N.G. Kerk. Hy bedien al die afgelope meer as dertig jaar verskeie gemeentes regoor die land.
Michiel het van kleins af in kuns belang gestel en het altyd nog geteken. Hy het in 1984 ernstig begin skilder. Alhoewel hy nooit formele opleiding in skilderkuns gehad het nie, het sy natuurlike aanleg en honger na kennis op die gebied hom in aanraking gebring met kunstenaars soos Peter Millard, Mia Venter, George Boys en Dale Elliot, wat elkeen 'n stempel op sy kuns afgedruk het. Michiel skroom dan ook nie om hulle te erken en te eer in sy vorming nie..
Oor die jare het hy baie opdrag werke uitgevoer met as hoogtepunt toe die Wes Kaapse Wetgewer hom benoem het om die portretstudie van die eerste speaker van die WesKaapse Parlement, mnr W. P Doman te maak.
Hy skilder 'n baie groot verskeidenheid onderwerpe en het 'n besondere voorliefde vir blommestudies, figuurstudies en landskappe. Sy werk is ryk aan kleur en tekstuur en dis vir hom belangrik om as Suid Afrikaner eg Suid-Afrikaanse tonele te skilder. Sy filosofie is dat dit moontlik moet wees vir die meeste Suid Afrikaners om goeie egte kunswerke te kan besit, daarom is die pryse van sy kunswerke so laag moontlik, sonder om daardeur kwaliteit in te boet.
Price Range
US$ 76-296
Email
Exhibitions
Oor die afgelope 23 het hy verskeie privaat uitstallings gehou en sy skilderye hang in baie wonings regoor Suid Afrika.
Held various exhibitions the past 23 years.
People who chose Michiel's work also chose work by:
Find other:
|